Alistair Stuart MacLean

Alistair Stuart MacLean (Skots-Gaelies: Alasdair MacGill-Eain; 21 April 1922 – 2 Februarie 1987) was 'n 20ste eeuse Skotse skrywer van gewilde rillers en avontuurverhale. Sy werke sluit onder meer die romans The Guns of Navarone, Ice Station Zebra en Where Eagles Dare in, waarvan al drie populêre films gemaak is. Hy het ook twee romans publiseer onder die skuilnaam Ian Stuart. Daar word geraam dat sy boeke meer as 150 miljoen kopieë verkoop het, wat hom een van die bes verkoopte outeurs van alle tye maak.[1]

Na sy afsterwe volgens een doodsberig, " het hy nooit sy liefde vir die see, sy talent om goeie Britte teen slegte Duitsers uit te beeld, of sy voorliefde vir hoë melodrama verloor nie, kommandosaga's uit die oorlog, en eksotiese omgewings wat Griekse eilande en Alaska-olievelde insluit."

  1. Head, Dominic (26 Januarie 2006). The Cambridge Guide to Literature in English. Cambridge University Press. p. 431. ISBN 9780521831796.

From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Tubidy